Microsoft .NET Framework

.NET Framework
.NET Framework se komponente

Ontwikkelaar Microsoft
Aanvanklike vrystelling 13 Februarie 2002 (2002-02-13)
Nuutste weergawe 4.6.1 (4.6.01055.00/ 30 November 2015 (2015-11-30)[1]
Bedryfstelsel Windows 98 of later, Windows NT 4.0 of later
Kategorie Framework
Lisensie verskeie
Webblad microsoft.com/net

Die Microsoft .NET Framework is 'n sagtewarekomponent wat deel vorm van die Microsoft Windows bedryfstelsel. Dit bestaan uit 'n groot versameling van voorafgeskrewe oplossings tot algemene programvereistes en bestuur die uitvoer van programme wat spesifieke ontwikkel is vir die raamwerk. Die .NET Framework is een van Microsoft se kernaanbiedinge en is die gedagte is dat dit gebruik sal word deur die meeste nuwe toepassings wat vir die Windows-platform ontwikkel word.

Die voorafgeskrewe oplossings wat deel vorm van die raamwerk se Basis klasversameling dek 'n wye verskeidenheid programmeerbehoeftes op gebiede wat onder ander insluit: gebruikerskoppelvlak, datatoegang, Databasisverbinding, kriptografie, webtoepassing-ontwikkeling, numeriese algoritmes en netwerkkommunikasie. Die klasversameling word deur programmeerders saam met hulle eie bronkode gebruik om toepassings te skep.

Programme wat geskryf is vir die .NET Framework loop in 'n sagtewareomgewing wat die program se vereistes tydens uitvoering beheer. Hierdie omgewing wat ook deel is van die .NET Framework, staan bekend as die Common Language Runtime (CLR). Die CLR verskaf 'n virtuele masjien vir toepassings sodat programmeerders nie die vermoë van 'n spesifieke SVE in gedagte hoef te hou nie. Die CLR verskaf ook ander belangrike dienste soos sekuriteitsmeganismes, geheuebestuur en fouthantering. Die klasversameling en die CLR maak saam die .NET Framework uit.

Die .NET Framework word ingesluit by Windows Server 2003, Windows Server 2008 en Windows Vista en kan op die meeste ouer weergawes van Windows geïnstalleer word indien nodig.

  1. ".NET Framework 4.6.1 is now available!". .NET Blog (in Engels). .NET Foundation. 30 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2016. Besoek op 24 Junie 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy